Strategie en rigting
Ons bepaal wat jou bemarking moet doen voordat ons begin om inhoud te vervaardig.
Hoeka help Afrikaanse sake-eienaars om hul bemarking oor te gee sonder om beheer, rigting of hul handelsmerk se persoonlikheid te verloor.
Die probleem is gewoonlik nie dat jy geen idees het nie. Daar is eenvoudig nie genoeg tyd, hande of struktuur om alles konsekwent uit te voer, op te volg en te verbeter nie.
Hoeka vat die bemarking van jou skinkbord af, sonder om jou stem of beheer weg te neem.
Ons bring jou strategie, inhoud, stelsels en data bymekaar, sodat jou bemarking nie net mooi lyk nie, maar behoorlik werk.
Ons bepaal wat jou bemarking moet doen voordat ons begin om inhoud te vervaardig.
Inhoud wat jou besigheid help om raakgesien, verstaan en vertrou te word.
Prosesse wat minder handewerk vereis en keer dat waardevolle navrae verlore raak.
Duidelike insig oor wat werk, wat nie werk nie en wat volgende moet gebeur.
Ons begin met duidelikheid, bou die uitvoering daar rondom en verbeter dit op grond van werklike resultate.
Ons kyk na die besigheid, teikenmark, aanbod, huidige bemarking en grootste gapings.
Ons stel die posisionering, boodskappe, kanale, inhoud en prioriteite vas.
Die strategie word omskep in inhoud, veldtogte, opvolgings en werkbare prosesse.
Ons meet prestasie, identifiseer geleenthede en pas die plan voortdurend aan.
Begin met ’n duidelike plan, konsekwente sigbaarheid of ’n meer omvattende strategiese bemarkingsvennootskap.
Vir die sake-eienaar wat eers duidelikheid nodig het oor wat volgende moet gebeur.
Vir besighede wat konsekwente, professionele bemarking nodig het.
Vir gevestigde besighede wat sigbaarheid, navrae en langtermyn-bates wil bou.
Vir eienaars wat ’n toegewyde strategiese bemarkingsvennoot nodig het.
Hoeka fokus nie net op mooi plasings nie. Ons kyk na sigbaarheid, inhoudsprestasie, interaksie en die stelsels wat volhoubare groei ondersteun.
Verhoog vanaf 1,96% binne een week deur doelgerigte soekenjinoptimalisering.
Binne twee maande gegenereer, vergeleke met 1 378 oor die vorige vier maande.
Oor ’n tydperk van agt maande deur konsekwente inhoud en gemeenskapsbou.
“Dit is ’n plesier om met Corlia saam te werk, en sy ken die gemeenskap deur en deur. Kry haar gerus as jy bemarkingshulp nodig het.”
“Corlia is ’n uiters kreatiewe mens, baie kommunikatief en maklik om mee saam te werk. Sy het uitstekende idees en ’n goeie oog vir estetika.”
“Corlia bring vars perspektiewe en innoverende idees na elke projek. Haar waardevolle insette dryf betekenisvolle vooruitgang.”
“Baie dankie vir die inhoudsplan, dit is perfek! Wel gedaan dat jy net ingespring het en die ding gedoen het.”
Hoeka het ontstaan waar my ervaring met klein sake-eienaars se bemarking en my liefde vir Afrikaans, goeie vakmanskap en strategiese denke bymekaargekom het.
Ek het gesien dat dieselfde probleme telkens voorkom: daar is nie genoeg tyd of hande nie, die bemarking gebeur sonder ’n duidelike strategie, en die strategie word nie deur die nodige stelsels en prosesse ondersteun nie.
My doel is nie om jou handelsmerk by jou oor te neem nie. Dit is om jou te help om jou bemarking met vertroue oor te gee, terwyl jy steeds weet wat gebeur, waarom dit gebeur en hoe dit jou besigheid ondersteun.
Stuur vir my ’n e-pos of WhatsApp en vertel kortliks waar jou bemarking tans vashaak. Ek sal vir jou ’n eerlike aanbeveling gee oor wat volgende behoort te gebeur.
Klik op die e-posknoppie om jou e-posprogram oop te maak met Corlia reeds as die ontvanger, of begin ’n WhatsApp-gesprek.
corlia@hoekabemarking.co.za