Strategiese bemarking vir Afrikaanse besighede

Jou bemarking moes hoeka al vir jou gewerk het.

Hoeka help Afrikaanse sake-eienaars om hul bemarking oor te gee sonder om beheer, rigting of hul handelsmerk se persoonlikheid te verloor.

Strategie. Uitvoering. Meting. Verbetering.
Hoeka Bemarking-logo
hoeka reeds · lankal · van toeka af
290+ uur aan strategie, inhoud en bemarkingsargitektuur
9+ eienaars persoonlik deur 1:1-vennootskappe ondersteun
13,94% SEO-sigbaarheid, vanaf 1,96%, in een week
555,4% meer sosiale interaksies oor agt maande
Die werklike probleem

Jy het ’n besigheid om te bestuur.

Die probleem is gewoonlik nie dat jy geen idees het nie. Daar is eenvoudig nie genoeg tyd, hande of struktuur om alles konsekwent uit te voer, op te volg en te verbeter nie.

Hoeka vat die bemarking van jou skinkbord af, sonder om jou stem of beheer weg te neem.

1
Die plan bly in jou kop Daar is idees, maar nie ’n duidelike en gedeelde bemarkingsrigting nie.
2
Uitvoering gebeur wanneer daar tyd is Inhoud, opvolgings en veldtogte word maklik uitgestel.
3
Niemand weet wat werk nie Daar is aktiwiteit, maar min duidelikheid oor prestasie en volgende stappe.

Waarmee kan Hoeka jou ondersteun?

Ons bring jou strategie, inhoud, stelsels en data bymekaar, sodat jou bemarking nie net mooi lyk nie, maar behoorlik werk.

Strategie en rigting

Ons bepaal wat jou bemarking moet doen voordat ons begin om inhoud te vervaardig.

Posisionering Teikenmark Boodskappe Kliëntereise Veldtogbeplanning

Inhoud en sigbaarheid

Inhoud wat jou besigheid help om raakgesien, verstaan en vertrou te word.

Sosiale media SEO Blogs Nuusbriewe Webwerfkopie

Stelsels en outomatisering

Prosesse wat minder handewerk vereis en keer dat waardevolle navrae verlore raak.

CRM-opstelling Werkvloeie Opvolgings SOP’s Outomatisering

Data en verbetering

Duidelike insig oor wat werk, wat nie werk nie en wat volgende moet gebeur.

Verslagdoening Dashboards Webwerfprestasie Omskakelings Aanbevelings

Van los bemarking na ’n stelsel wat saamwerk.

Ons begin met duidelikheid, bou die uitvoering daar rondom en verbeter dit op grond van werklike resultate.

STAP 01

Verstaan

Ons kyk na die besigheid, teikenmark, aanbod, huidige bemarking en grootste gapings.

STAP 02

Beplan

Ons stel die posisionering, boodskappe, kanale, inhoud en prioriteite vas.

STAP 03

Voer uit

Die strategie word omskep in inhoud, veldtogte, opvolgings en werkbare prosesse.

STAP 04

Verbeter

Ons meet prestasie, identifiseer geleenthede en pas die plan voortdurend aan.

Pakkette wat saam met jou besigheid kan groei.

Begin met ’n duidelike plan, konsekwente sigbaarheid of ’n meer omvattende strategiese bemarkingsvennootskap.

Eenmalig

Die Hoeka Plan

R7 500 eenmalig

Vir die sake-eienaar wat eers duidelikheid nodig het oor wat volgende moet gebeur.

  • Bemarkingsoudit
  • Teikenmark en posisionering
  • Kernboodskappe
  • Kliëntereis
  • Kanaal- en inhoudsrigting
  • Praktiese 90-dae-plan
  • Strategie-oordragsessie
Ek het ’n plan nodig
3 maande

Hoeka Sigbaar

R9 500 per maand

Vir besighede wat konsekwente, professionele bemarking nodig het.

  • Maandelikse strategie en inhoudsplan
  • Tot 8 kerninhoudstukke
  • Hergebruik oor 2 platforms
  • Kopieskryf en grafiese ontwerp
  • Skedulering en publisering
  • Basiese gemeenskapsbestuur
  • Maandelikse verslag en sessie
Ek wil sigbaar word
Pasgemaak

Hoeka Saam

Vanaf R19 500 per maand · gewoonlik 6 maande

Vir eienaars wat ’n toegewyde strategiese bemarkingsvennoot nodig het.

  • Bemarkingsleiding en beplanning
  • Inhoud, veldtogte en e-pos
  • SEO en webwerfverbeterings
  • CRM- en opvolgingsprosesse
  • Werkvloeie en dokumentasie
  • Dashboards en verslagdoening
  • Outomatisering en koördinering
Kom ons bespreek dit

Werklike bemarking. Meetbare vooruitgang.

Hoeka fokus nie net op mooi plasings nie. Ons kyk na sigbaarheid, inhoudsprestasie, interaksie en die stelsels wat volhoubare groei ondersteun.

13,94%

SEO-sigbaarheid

Verhoog vanaf 1,96% binne een week deur doelgerigte soekenjinoptimalisering.

3 156

Blogvertonings

Binne twee maande gegenereer, vergeleke met 1 378 oor die vorige vier maande.

555,4%

Meer sosiale interaksies

Oor ’n tydperk van agt maande deur konsekwente inhoud en gemeenskapsbou.

“Dit is ’n plesier om met Corlia saam te werk, en sy ken die gemeenskap deur en deur. Kry haar gerus as jy bemarkingshulp nodig het.”
Stigter van ’n Bitcoin-media- en gemeenskapshandelsmerk
“Corlia is ’n uiters kreatiewe mens, baie kommunikatief en maklik om mee saam te werk. Sy het uitstekende idees en ’n goeie oog vir estetika.”
Stigter van ’n media- en leefstylbesigheid
“Corlia bring vars perspektiewe en innoverende idees na elke projek. Haar waardevolle insette dryf betekenisvolle vooruitgang.”
Produksiebestuurder van ’n media- en leefstylbesigheid
“Baie dankie vir die inhoudsplan, dit is perfek! Wel gedaan dat jy net ingespring het en die ding gedoen het.”
Mede-stigter van ’n digitale bemarkings- en inhoudsagentskap
C.
“Ek help jou om bemarking oor te gee sonder om die denke daaragter te verloor.”
Ontmoet die gesig agter Hoeka

Hallo, ek is Corlia.

Hoeka het ontstaan waar my ervaring met klein sake-eienaars se bemarking en my liefde vir Afrikaans, goeie vakmanskap en strategiese denke bymekaargekom het.

Ek het gesien dat dieselfde probleme telkens voorkom: daar is nie genoeg tyd of hande nie, die bemarking gebeur sonder ’n duidelike strategie, en die strategie word nie deur die nodige stelsels en prosesse ondersteun nie.

My doel is nie om jou handelsmerk by jou oor te neem nie. Dit is om jou te help om jou bemarking met vertroue oor te gee, terwyl jy steeds weet wat gebeur, waarom dit gebeur en hoe dit jou besigheid ondersteun.

Strategiese denke voor losstaande bemarkingstake.
Duidelike kommunikasie en persoonlike ondersteuning.
Stelsels wat die strategie makliker maak om uit te voer.
Kom ons praat

Kom ons haal bemarking van jou skinkbord af.

Stuur vir my ’n e-pos of WhatsApp en vertel kortliks waar jou bemarking tans vashaak. Ek sal vir jou ’n eerlike aanbeveling gee oor wat volgende behoort te gebeur.

Geen vorm vir eers nie.

Stuur sommer direk ’n boodskap.

Klik op die e-posknoppie om jou e-posprogram oop te maak met Corlia reeds as die ontvanger, of begin ’n WhatsApp-gesprek.